Google Classroom
GeoGebraGeoGebra Classroom

Argument 2: Driehoeke met dieselfde basis en loodregte hoogte het almal dieselfde oppervlakte

Dit bring ons by ons tweede argument gebaseer op die eerste argument: Driehoeke met dieselfde basis en loodregte hoogte het almal dieselfde oppervlakte. Onthou die formule vir die opervlakte van 'n driehoek is: Bestudeer die volgende skets: Hier is drie driehoeke, almal het dieselfde basis EF op lyn AB. Omdat hulle ander sye tussen twee ewewydige lyne (AB en CD) lê is al drie se loodregte hoogte dieselfde. Sleep punte G,H en I om te kyk hoe dit die oppervlaktes van die driehoeke verander.
undefined